Boschkop Oord / Resort

Welkom by Boschkop Oord

Tariewe

Standaard tariewe geldig vanaf 1 Mei 2024:
Tariffs valid from 1 May 2024:

Eenmalige fooi per voertuig: R30
Once-off fee per vehicle: R30

Volwassenes: R70 per persoon per dag  + R40 per persooon per nag
Adults: R70 per person per day + R40 per person per night

Pensionarisse en skoliere (6-18): R50 per persoon per dag  + R40 per persoon per nag
Pensioners and Scholars (6-18): R50 per person per day + R40 per person per night

Kinders o/6 (voorskool): gratis
Kids u/6 (pre-school): free

Halfdag fooi:

Half day fee:
Volwassenes: R40 per persoon
Pensionarisse en Skoliere: R30 per persoon
Voorskoolse kinders is gratis
Adults: R40 per person
Pensioners and Scholars (6-18): R30 per person

Pre-school kids are free

Let wel/Please note:

Geen addisionele tarief vir staanplek - slegs koste per persoon per dag
No additional fee for a stand - cost per person per day

Geen staanplekke is afgemerk of word bespreek nie - arriveer en betaal by die hek per persoon per voertuig en staan waar verkies
No stands are marked off or reserved - arrive and pay at the gate per person per car and stand where you prefer

Geen staanplekke met kragpunte, wel ablusie geriewe met warm water, mag kragopwerkkers bring
No electricity for camping sites, we do have ablutions with hot water showers, campers are allowed to bring generators

 

Hektye

STRENG hektye van toepassing weens plaasveiligheidsprotokol - geen uitsonderings, geen reëlings:
STRICT gate times apply at all times due to farm safety protocol - no exceptions, no arrangements:

Sondag tot Donderdag/Sunday to Thursday: 06:00(6am) – 17:00 (5pm)

Vrydag & Saterdag/Friday & Saturday: 06:00 (6am) – 19:00 (7pm)

Vakansiedae en dag voor vakansiedag/Public Holidays and day before Public Holiday:
06:00 (6am) - 19:00 (7pm)

Geen toegang of uitgang buite hektye - GEEN uitsonderings.
No access or departure outside of gate times - NO EXCEPTIONS.

Geen terugbetaling van hekgelde.
No refunds.

Watergebruik

Geen bote en jetski’s – slegs hengel aktiwiteite.
No boats or jet-ski's - only bank angling.

Kanoes, aasbote en klein bote met maksimum 15hp enjins om lyne in te neem.
Allowed to use canoes or bait boats with maximum 15hp to drop lines.

Die gebruik van reddingsbaadjies is verpligtend.
Must use life jackets at all times when going out onto the water.

Geen persone mag met “waders” op bote en kanoes gaan nie.
People are not allowed to wear waders when going out onto the water on bait boats or canoes.

Watergebruik op eie risiko. Basiese waterveiligheidsreels te alle tye van toepassing.
Water use at own risk. Basic water safety rules to be applied at all times.

Ongeveer 4km hengelbare oewer beskikbaar – onderhewig aan wisselende watervlakke van die Vaaldam.
We have approximately 4km shore - pending water levels of the Vaal Dam.

Ander Verblyf

LET WEL: Chalet navrae en kwotasies slegs per e-pos - This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Boschkop Oord het 6 chalets beskikbaar vir bespreking. Daar is 2 x 1-slaapkamer eenhede onderskeidelik vir 2 persone of 4 persone (2 volw en 2 kinders); dan ook 4 x 2-slaapkamer eenhede met 3 eenhede wat slaapplek bied vir 7 persone en 1 eenheid met slaapplek vir 9 persone.
Boschkop Resort has 6 chalets that has to be booked in advance. We have 2 x 1-bedroom units for respectively 2 or 4 people (2 adults and 2 kids); as well as 4 x 2-bedroom units where 3 units could accommodate 7 people and 1 unit could accommodate 9 people.

Dit is gebou op die werf langs die winkel, ongeveer 350m van die water wanneer die dam 100% vol is. Die chalets is dus NIE teen die water geleë vir direkte visvang teen die chalets nie. Die huisies het ’n uitsig oor die dam en chalet koste sluit wel staanplek teen die water in.
The chalets are on the yard close to the shop, approximately 350m from the water when the dam is 100% full. The chalets are therefore NOT directly next to the water for direct angling from the units. Die chalets do have a view of the dam and the chalet cost include space next to the water.

Chalets:

  • Die kombuis is toegerus met ’n ketel, mikrogolfoond, toaster, ys-/vrieskas, stoof (geen oond) en breekware en eetgerei vir onderskeidelik 7/9 of 2/4 mense.
    The kitchen is equipped with a kettle, microwave oven, toaster, fridge/freezer, stove (no oven) as well as cutlery and crockery for respectively 7/9 or 2/4 people.
  • Daar is warm water in die chalets beskikbaar en die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.
    There is warm water in the units and bathroom has a shower, toilet and basin.
  • Daar is braaiers beskikbaar vir chalet gaste, alhoewel daar glad nie op die stoepies gebraai mag word nie.
    There are braais available for chalet quests, although no one is allowed to braai on the porch.
  • Ons chalets is self-catering en moet ook self skoon gehou word.
    Chalets are self-catering as well as self-service.
  • Daar mag GEEN TROETELDIERE op die werf kom of in die huisies slaap nie.
    NO PETS allowed - not in the units and not close to the yard, shop or ablutions.
  • Die chalets is almal streng NIE-ROOK eenhede.
    All chalets are strictly NO SMOKING - not even on the stoep.
  • Verder moet eie beddegoed, linne, handoeke en ander persoonlike items saamgebring word. (Daar mag nie sonder beddegoed op die beddens geslaap word nie.)
    Need to bring own bedding, linen, towels and personal items. (People are not allowed to sleep on the beds without bedding.)
  • Ook seep en benodigdhede om eie skottelgoed te was aangesien die oord nie skoonmaakdiens lewer nie.
    Remember to bring dishwashing soap etc since the chalet is not serviced.
  • Besprekings noodsaaklik - word slegs deur e-pos gedoen - en 50% deposito vooraf betaalbaar om bespreking vas te maak.
    Bookings are essential - has to be done via e-mail - and a 50% deposit is needed to secure a booking.

Alle besprekings moet per e-pos gedoen word: stuur asb datum van aankoms en datum van vertrek, asook hoeveelheid mense (met aanduiding van volwassene/pensionaris/skoolgaande kind) na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir enige navrae oor kostes en meer besonderhede of besprekings.
All bookings as well as enquiries are done via e-mail: please send a mail with date of arrival, date of departure, as well as number of people (with indication of adults/pensioners/children) to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it for any enquiries or bookings.

Tent- en karavaanstaanplekke langs die oewer:
Tent and caravan stands are next to the water:

  • Geen kragpunte langs die oewer nie
    No electricity next to the water
  • Geen staanplekke is afgemerk of word bespreek nie
    No stands are marked off or reserved
  • Geen besprekings of depositos vir staanplek teen die oewer nie - betaal by die hek met aankoms, per persoon per voertuig
    No bookings or deposit payments for stands next the water - pay at the gate upon arrival, per person per car
  • Slegs hekfooie van toepassing vir kampering
    Only gate fees applicable for camping
  • Troeteldiere word langs die oewer toegelaat, maar nie by die winkel of ablusies nie
    Pets are allowed at the camping spots but not close to the yard, shop or ablutions

Winkel

Winkel en drankwinkel op die perseel met baie billike pryse en goeie verskeidenheid.
We have a shop as well as a liquor store on the premises that stock a variety at very reasonable prices.

Hout, ys, kruideniersware, roomys, speelgoed en hengelgerei.
From wood, ice, groceries, ice cream, baits and tackle.

SuperCast en Magic Baits hengelprodukte direk vanaf die fabriek teen goeie pryse.
SuperCast as well as Magic Baits is sourced directly from the supplier and therefore stocked at a very good price.

Rigting aanwysings

Boschkop Oord is geleë teen die oewers van die Vaaldam op die R54 tussen Vereeniging en Villiers, direk langs Vaal Marina.
Boschkop Resort is a fresh water angling resort on the Vaal Dam, on the R54 between Vereeniging and Villiers, directly next to Vaal Marina.

Vanaf Vereeniging: neem die R54 en ry sowat 40km in die rigting van Villiers.
From Vereeniging: take the R54 and travel approximately 40km in the direction of Villiers.

Vanaf Heidelberg: neem die die R549 en ry tot by die R54 kruising (gaan oor die Vereeniging/Balfour kruising), draai links op die R54 in die rigting van Villiers, ongeveer 15km.
From Heidelberg: take the R549 towards Deneysville, cross the Vereeniging/Balfour crossing, and turn left on the R54, direction Villiers, travel approximately 15km.

Blou “Boschkop Oord” bord met wit letters, 3km verby Vaal Marina se afdraai in die rigting van Villiers.
There is a blue board with white lettering, "Boschkop Oord/Resort", approximately 3km past the Vaal Marina turn-off.

Kontak Ons

  • Address: Boschkop oord is geleë aan die Vaaldam op die R54 tussen Vereeniging en Villiers.
  • Steyn: 076 959 1242 (Algemene Inligting)
  • Slegs epos vir verblyf besprekings.
  • Email: info@boschkopoord.co.za
  • Website: www.boschkopoord.co.za

· 083 675 7670

You are here